DIY met Riaan begin op KykNET!

03 October 2014 | Admin

 

DIY Facebook 482x177mm TALISMAN Hire (3)

Met trots word die 12de reeks van “DIY MET RIAAN” aangekondig! Dit sal op DSTV se kykNET-kanaal vertoon word, en spog met 'n hele nuwe voorkoms. Kykers kan nuttige wenke kry by  Suid-Afrikase mees geliefde nutsman, Riaan Garforth-Venter. Sluit gerus aan by Riaan die Nutsman se nuwe reeks “DIY MET RIAAN” vanaf 1 Oktober tot 24 Desember 2014 elke Woensdag om 17:30, met herhalings op Donderdae om 10:30, Saterdae om 16:00 en 24:00, Sondae om 14:00, Maandae om 16:30 en weer Dinsdae om 03:00.

 

Skakel in en beleef hoe die Nutsman sy merkwaardige styl in “DIY” inbring, vanmaklike restourasie van meubels tot innoverende dekor met herwinde items wat jou geld sal bespaar. Riaan sal die kykers leer hoe om huisverbeteringstake aan te pak in 13 TV-episodes, op so ‘n wyse dat selfs diegene met twee linkerduime geïnspireer sal word!

 

Die Nutsman leer ons verder dat die huur van toerusting en gereedskap nie net meer bekostigbaar is as die aankoop daarvan nie, maar dat dit meer effektief is as gevolg van die verskeidenheid en kwaliteit aangebied deur die hoofborg TALISMAN Hire. Eurolux Energy Efficiency Lighting versterk die voorkoms van Riaan se nuwe reeks met hul omvattende reeks energie-besparende gloeilampe en stylvolle lampskerms.

 

Kommentaar van Riaan Garforth-Venter is dat “hierdie reeks sal jou 'n stap-vir-stap gids wees oor hoe om eenvoudige items vir die huis te maak en te verbeter, en sal beskikbaar wees in ‘n eenvoudige volgbare formaat vir DSTV se kykNET-kykers. DIY kan 'n professionele taak wees as jy die regte gereedskap beskikbaar het, en ek sal vir jou van die beste plekke vertel om alles wat jy nodig het te bekom, terwyl jy geld spaar."

 

Hierdie reeks is DIY-kennis maklik gemaak vir elkeen deur Riaan die Nutsman se vaardigheid en wenke met gereedskap.

 

Volg vir Riaan op Facebook - https://www.facebook.com/RiaanGarforthVenter

Twitter - @DIYmetRiaan

 

Hierdie persverklaring is uitgereik namens ons kliënt, Riaan Garforth-Venter.

Vir verdere media-inligting:

The P.R. Team, Kaapstad, Suid Afrika

T: + 27 (0) 21 419 2390/1

E: frontdesk@theprteam.com